Atfarm as a digital tool developed by Yara

It utilises satellite images to assist farmers around the globe to monitor the growth of their crops and to create application charts for varying fertilizers.

Atfarm se missie is om presisieboerdery eenvoudig te maak vir die boer deur kragtige, maklik bruikbare digitale hulpmiddels te skep.
Yara se missie is om die wêreld verantwoordelik te voed en die planeet te beskerm.
Ons kom hierdie waardes verantwoordelik na en ons werk elke dag om dit waar te maak.
Atfarm is ontwikkel met ’n span kundiges en boere met meer as 20 jaar ervaring in boerdery, akkerbou en gewasvoeding.

Marc Lambert
Landbou-ingenieur

Marc het ’n groot deel van sy jeug deurgebring op sy klein familieplaas in die vrugbare streek van Pays de Caux in Normandië. Nadat hy trekkers gery en sy lande met die hand bewerk het, was landboustudies vanselfsprekend vir Marc om naby die landbou-omgewing te bly. Sy vroeë professionele ervarings het hom by die veld van bemesting en gewasvoeding gebring, wat sedertdien steeds sy fokus is. Marc koördineer en monitor die agronomiese eksperimenteringprogramme wat Yara in Frankryk uitvoer in samewerking met sy R&Dkollegas in Duitsland. Sy studies fokus op verbetering van die doeltreffendheid van stikstofbemesting van gewasse en minimalisering van die omgewingsimpak, veral deur die ontwikkeling en verfyning van Yara-hulpmiddels wat besluite ondersteun. Marc is ook nou betrokke by die Comifer, die nasionale vereeniging vir die ontwikkeling van volhoubare bemesting, wat al die belanghebbendes rondom hierdie onderwerp bymekaarbring.
LEES MEER

Carl-Philipp Federolf
PhD-student in gewasvoeding

Carl het grootgeword op ’n familieplaas in die suide van Duitsland, met vee vetmaak en verbouing van kuilvoermielies, koring en suikerbeet. Sy familie was meer as 200 jaar in boerdery, daarom het hy besluit om voort te gaan in die familievak deur Landbouwetenskappe aan die Hohenheim-universiteit te studeer. Daar het hy in Landbou-ingenieurswese vir sy BSc gespesialiseer, met ’n spesiale fokus op tegnologie in gewasproduksie, voordat hy voortgegaan het om in gewasproduksiestelsels vir sy MSc te spesialiseer. Carl het sy studie van akkerbou voortgesit as ’n PhD-student aan die Osnabrück-universiteit van Toegepaste Wetenskap, waar hy vier jaar navorsing oor mieliebemesting gedoen het. Carl gebruik nou sy kundigheid as ’n navorsingswetenskaplike in gewasvoeding en agronomie by Yara.
LEES MEER

Dr Stefan Reusch
PhD in Toegepaste Fisika

Stefan het fisika in Kiel gestudeer en sy PhD gedoen oor ’n interdissiplinêre projek om ’n optiese stelsel te ontwikkel om die gewas-stikstofstatus aanlyn te meet van ’n trekker tydens bemesting-aanwending. Daarna het hy by Yara aangesluit, die werk voortgesit en die stelsel verder ontwikkel tot ’n kommersiële produk, die N-Sensor. Stefan het as ’n navorsingswetenskaplike gewerk en betrokke geraak by verskeie projekte oor afstandswaarneming, presisieboerdery en beeldontleding, asook met hardeware- en sagteware-ontwikkeling. Met meer as 20 jaar ervaring verskaf hy die algoritmes wat satellietbeelde in toedieningskaarte verander.
LEES MEER